Laerskool Generaal Hendrik Schoeman

Voorwoord


S - Skool van uitnemendheid; Waar ons alles na die beste van ons wete en vermoëns doen.

U - Uitstekende geleenthede wat aan elke leerder op alle terreine gebied word.

K - Kind gesentreerde leeromgewing, met akademie wat elkeen toerus vir die volgende graad en die lewe.

S - Strewe na groei op geestelike, liggaamlike en emosionele vlakke elke dag.

E - Erkenning aan elkeen se talente, waardering vir toewyding, triomf in oorwinnings (klein of groot).

S - Saam is ons beter en elke positiewe verhouding: onderwyser-kind, ouer-kind; dra by tot sukses.

Met bogenoemde ses punte in aggenome kan ons die jaar afsluit en breëbors, maar nie grootkop, loop en sê - Vader, sy Seun met die leiding van die Heilige Gees, was vir ons goed. Ons weet dit is nie uit verdienste nie, maar werklik uit genade.

Wanneer 'n mens "gedwing" word - soos met die skryf van 'n voorwoord vir 'n jaarblad, om stil te staan en 'n evaluering te maak - dan weet 'n mens dat 'n jaar voluit gelewe, is 'n jaar "genoeg" gelewe.

Schoemies het hierdie jaar suksesse bereik omdat daar voluit gelewe is op alle terreine. Dankie aan elkeen wat op welke gebied ookal 'n bydrae gelewer het.

Deel saam met ons die lief en leed van 2018, die hoogtepunte in fotobeeld, al die baie aktiwiteite; hoe vol elke kwartaal was, maar beslis hoe baie ons kinders, onderwysers en ouers dit geniet het om Schoemies te wees want "dit is 'n fees om 'n Schoemie te wees".

Ons Visie


G.H.S as voorkeurskool bied omgee-onderwys waar elkeen in eie reg n wenner is.


Skool Ure

7.15 - 1.30 PM


Ons Missie


Die Grondwet van Suid-Afrika dien as basis vir die funksionering van die skool. Alle relevante onderwyswette, -regulasies en -reëls word konsekwent nagekom. Die onderwysvoorsiening in Laerskool Generaal Hendrik Schoeman is aantoonbaar tot voordeel van die breë gemeenskap. Alle aktiwiteite van Laerskool Generaal Hendrik Schoeman word gekenmerk deur die waardegedrewe en Afrikaanse basis daarvan.


Volg ons op Facebook

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman is geleë aan die voet van die Magaliesberg in die pragtige Hartbeespoort.
Facebook

Belangrike skool inligting

Skoolreëls

Wees altyd stiptelik, doen jou werkopdragte nougeset en neem deel aan skoolaktiwiteite.


Kultuur

Ons laerskool bied ‘n magdom geleenthede vir leerders om aan kultuur deel te neem.


Gedragskode

Altyd stiptelik en betyds te wees met my skoolbywoning, huiswerk en deelname aan alle aktiwiteite.


Riglyne

G.H.S se skooldrag en voorkoms beleid vir seuns en dogters van graad 1 to graad 7.