Skooleiendom mag onder geen omstandighede beskadig word nie.
Spelery word nie in enige van die skoollokale en badkamers toegelaat nie.
Geen leerder mag die skoolterrein sonder toestemming van die hoof of adjunkhoof verlaat nie. Elke leerder moet uitgeteken word indien ouers hulle by die skool kom haal.
Die skoolterrein, klaskamers en badkamers moet te alle tye skoon en netjies gehou word. Wees trots op jou mooi skool.
Leerders mag nie op die skoolterrein en stoepe met fietse, rolskaatse of skaatsplanke ry nie.
Leerders word verbied om te speel waar motors parkeer word.
Respekteer ander persone se eiendom. Niemand mag in ander se skooltasse of sportsakke krap nie.
Geen selfone mag in klastyd aangeskakel of gebruik word nie. Ouers kan die skool enige tyd skakel indien 'n dringende boodskap oorgedra moet word.
Niemand word in die fietsloods toegelaat behalwe wanneer 'n leerder sy/haar eie fiets gaan bêre of uithaal nie.
Leerders moet van die voetoorgange by die skolierpatrollie gebruik maak. Die skolierpatrollie se bevele en opdragte moet stiptelik nagekom word.
Wees altyd netjies op jou persoon. Die korrekte klere moet gedra word tydens skool asook sport- en kultuurgeleenthede
Hare moet altyd netjies en skoon wees. Geen onnatuurlike en vreemde haarstyle word toegelaat nie. Geen kleurstrepe word toegelaat nie.
Seuns se hare moet kort en netjies en sonder onnatuurlike walle (steps) wees.
Tree te alle tye met die nodige selfdissipline op.
Opdragte van die personeel en leerlingraad moet nougeset uitgevoer word.
Geen vuiltaal, spuug, bakleiery of afknouery word toegelaat nie.
Wees altyd stiptelik, doen jou werkopdragte nougeset en neem deel aan skoolaktiwiteite sover dit vir jou moontlik is.