Hare moet kort en netjies wees, geen lang kuiwe of "steps" word toegelaat nie.
Hare mag nie gekleur of "geperm" of gejel word nie.
Hare moet plat gekam wees.
Hare mag nie oor ore hang nie.
Juwele
Gewone horlosies is toelaatbaar.
Geen oorringe, ringe, kettings, armbande, ens mag gedra word nie.
Leerders wie se hare in 'n verkeerde styl gesny is kry een week on die hare reg te stel. Vir die res van die oortredings word daar een waarskuwing gegee en daarna strafriewe / inskrysings. Indien daar nie samewerking verkry word nie, word die oortredings in die leerder se profiel aangeteken wat uitendelik Hoërskool toe gaan.
Somer
Blou kortmouhemp.
Grys kortbroek / langbroek.
Lang grys kouse by kortbroek, kort of lang grys kouse by ‘n langbroek.
Kaalvoet of swart skoolskoene wat toeryg en met veters vasmaak.
Indien ‘n leerder verkeerde skoene of klere dra, moet hy/sy ‘n brief van ouer aan die registeronderwyser toon bv van ‘n dr. af oor die rede waarom hy/sy nie skoolskoene mag dra nie.
Indien ‘n behoeftige leerder skoolklere of -skoene benodig, word die Klerebank betrek.