Indien hare kortgeknip is, moet dit in ‘n netjiese styl wees met geen kuif wat oor die oë hang nie.
Hare wat oor hempskraag hang moet netjies vasgemaak word. Geen los stukke hare mag langs die gesig hang nie.
Geen jel, mousse of haarsproei mag gebruik word nie.
Geen kleursel, ligstrepe, kleurmousse ens. is toelaatbaar nie.
Geen permanente gegolfde (gepermde) hare nie.
Geen grimering bv. “lipgloss”, gekleurde “lip ice”, onderlaag, mascara, oogpotlood, ens. nie.
Geen lang naels, naellak (ook deurskynend) of “tips” op naels nie.
Haarbykomstigdhede: linte, pofrekke, rekkies, “alicebands”(koningsblou). “Alicebands” mag ook haarkleur wees. Vasdruk of vasknypknippies mag silwer wees. Nie meer as 4 per keer nie. Gewone inglipknippies mag haarkleur, swart, silwer of koningsblou wees. Groot knypknippe word nie toegelaat nie.
Goue haar bykomstighede is nie aanvaarbaar nie.
2 poniesterte is wel aanvaarbaar.
Nie meer as 2 poniesterte / of vlegsels nie.
Slegs lintrekkies en dun “alicebands”.
Geen fonteintjies bo-op kop nie.
Juwele
Gewone horlosies is toelaatbaar.
"Charm bracelet” horlosies mag nie gedra word nie.
Slegs een oorbel per oor mag gedra word.
Klein oorbelle met blou of wit steentjies mag gedra word, geen klein goud of silwer ringetjies of klein figuurtjies mag gedra word nie.
Geen ringetjies of “studs” mag op enige ander plek gedra word behalwe soos by oorbelle uitgestip.
Slegs seëlringe mag gedra word.
Geen hangertjies of armbande mag gedra word nie.
Leerders wat hare kartel, kleur of grimering dra sit onmiddelik strafklas. Hul kry een week om hare se kartel of kleursel uit te haal.
Vir die res van die oortredings word daar een waarskuwing gegee en daarna strafbriewe / inskrywings gegee. Indien daar nie samewerking verkry word nie, word die oortreding in die leerder se profiel aangeteken wat uiteindelik Hoërskool toe gaan.
Ander
Geen komberse.
Geen oormoffies.
Geen warmwatersakke (gevaarlik).
Slegs koningsblou: serpe / handskoene en mussies (beanies) van “fleecy” materiaal.
Somer
Koningsblou skoolromp of broekromp.
Blou kortmouhemp.
Kort wit skoolkouse (een keer omgevou.
Kaalvoet of swart skoolskoene wat toeryg en met veters vasmaak of bandjies oor voet wat kan vasmaak.
Oortrektrui / Pull-over.
Indien “ski-pants” onder rompie gedra word moet dit kort, koningsblou “ski-pant” wees wat nie uitsteek onder die rompie / broekrompie nie.
Winter
Blou langmouhemp.
Graad 1 - 6: grys langbroek.
Graad 7: Keuse tussen grys langbroek of skoolrompie met koningsblou sykouse.
Skooldas – Graad 4 - 7.
Slegs Graad 1 – 3 geen kleurbaadjie, wel sweetpakbaadjie (deel van sweetpak). Geen sweetpakbroeke nie.
Serpe en handskoene: koningsblou, blou van romp.
Swart skoolskoene wat toeryg en met veters vasmaak of bandjie oor voet het wat kan vasmaak.