Verkorte Gedragskode


  • Altyd stiptelik en betyds te wees met my skoolbywoning, huiswerk en deelname aan alle aktiwiteite.
  • Lojaliteit te betoon deur gehoorsaamheid aan personeel en leiers te toon.
  • Onderwysers en maats te eerbiedig deur vriendelikheid, hulpvaardigheid en goeie taalgebruik en ten alle tye goeie sportmanskap te toon.
  • In belang van ons almal se veiligheid nie aan bakleiery of afknouery deel te neem nie en ook nie gevaarlike voorwerpe of speletjies skooltoe te bring nie.
  • My maats, onderwysers en die skool se eiendom te respekteer deur dit op te pas, enige skade te rapporteer en nie rommel te strooi nie.
  • My netjiese voorkoms te handhaaf deur te hou by die skooldrag en voorskrifte vir hare en juwele soos uiteengesit.
  • Saamwerk in die klaskamer sodat elke leerder ongehinderd kan leer en werk.
  • Gasvryheid wys deur nuwe maats hartlik te ontvang, alle personeel en besoekers vriendelik te groet en ander kinders in te sluit by my speletjies.
  • Kleedkamers netjies hou omdat ons almal dit wil gebruik.
  • Volle aandag in die klas gee en pouses gebruik om te eet, kleedkamers te besoek en lekker te ontspan.
  • Eerlik wees met al my werk insluitend toetse en alles wat ek sê.
  • Ten alle tye optree soos 'n ambassadeur vir die skool.

Die volledige gedragskode is beskikbaar in Laerskool Generaal Hendrik Schoeman se kantoor.